
Die CAMI Wiskunde program is beskikbaar in ons rekenaarsentrum. Leerders is welkom om dit te gebruik in die middae na skool. Daar is geen kostes aan verbonde nie en enige leerder is welkom.
Veral Gr. 8, 9 en 10 leerders kan baie baat vind hierby! Ons raai leerders wat remediering benodig baie sterk aan om hulle wiskunde op CAMI te kom oefen!
