Eerste kopkrapper vir 2012. Ons begin met ‘n lekker maklike een. ’n Naaldwerkklub wil ’n quilt maak wat bestaan uit 25 vierkante waarvan die sye almal 30cm lank is. As die quilt uit 5 rye en 5 kolomme bestaan, wat sal die omtrek van die quilt wees?
Author Archive
29 Jan
Inligting vir Gr12 Wiskunde Leerders
Aandag Gr.12 Wiskunde leerders: Al die gemeenskaplike Gr12 Wiskunde vraestelle en memo’s sedert 2008 wat ek op die Internet in die hande kon kry, asook die eksamenriglyne is beskikbaar op die volgende skakel: http://dl.dropbox.com/u/59490498/Gr12%20Wiskunde%20Leerders.zip Download die .zip file en extract dit op jou rekenaar. Gebruik dit dan om te begin oefen vir die eindeksamen Indien [...]
22 Jan
Harmony Wiskunde Olimpiade – Tyd om in te skryf!
Baie leerders ervaar ‘n behoefte om meer uitgedaag en gestimuleer te word op akademiese gebied. Wiskunde olimpiades en kompetisies is geleenthede vir sulke leerders. Dit stel leerders bloot aan probleme wat hul denke en probleemoplossings-vaardighede toets en ontwikkel. Die eerste rondte van die Harmony Suid-Afrikaanse Wiskunde Olimpiade vind op 19 Maart om 14:00 by die [...]
17 Jan
Welkom terug!
Namens die JF Wiskunde Departement, welkom terug aan al ons leerders, ouers en vriende. Ons sien uit na die nuwe skooljaar en alles wat ons gaan leer en ervaar. Die matrieks van 2011 het ons sowaar verras met fantastiese uitslae. Een van die merkwaardige prestasies is die R100 000 prysgeld wat die skool gewen het omdat [...]
5 Dec
Kopkrapper #2
Hierdie vraag kom uit die tweede rondte van die Harmony Suid-Afrikaanse Wiskunde Olimpiade vir Gr.8 (2011). Wenk: Jy sal die stelling van Pythagoras moet gebruik.
30 Nov
Antwoord van Kopkrapper #1
Kopkrapper #1: Watter stelling is waar vir alle waardes van x? Die antwoord: As x < -5, dan is x² ≥ 25 (die derde opsie) Die diagram hierbo toon die oplossing van x² ≥ 25. Juf. Heinemann het die volgende nuttige kommentaar op hierdie een gegee: Dis moeilik vir die graad 9′s om ‘n ongelykheid op te [...]
29 Nov
JF leerders blink uit in Wiskunde
Die top-wiskundeleerlinge van die Vrystaat en Noord-Kaap is Donderdag (24 Nov.) op ‘n spogprysuitdelingsgeleentheid vereer. Die leerders is volgens hulle skool wiskunde punte asook hul prestasies in die drie belangrikste wiskunde kompetisies van die jaar beoordeel. Die drie kompetisies is die Nautilus kampe, AMESA kompetisie en die Harmony Nasionale Wiskunde Olimpiade. JF se wiskunde leerders het die [...]
22 Nov
Kopkrapper #1
Die volgende vraag het voorgekom in die Gr.9′s se eksamen vraestel van Woensdag 21 Nov. Ek is nuuskierig om te sien hoeveel van julle die antwoord sal regkry
14 Nov
Twee JF-syferslimmes na Nepal
Voorspoed aan Thinus van Rhijn en Jeanné Bester, albei in Gr.9. Hierdie twee syferslimmes is saam met twee ander gr.9′s op pad na Nepal om aan ‘n Internasionale Wiskunde-olimpiade deel te neem. Ons hoop julle kry sommer baie somme reg! Lees gerus in vandag se JIP-bylaag van die Volksblad ‘n mooi artikel hieroor. Vroeg volgende jaar sal ons vir [...]

Onlangse Kommentaar