
Heron van Alexandria
Die tradisionele manier om die oppervlak van ‘n driehoek te bereken is d.m.v. die formule wat aan alle leerders van vroeg in die laerskool bekend is:
Oppervlak van Δ = ½ × basis × loodregte hoogte.
‘n Tweede manier leer ons in Gr.11 in trigonometrie:
Oppervlak van Δ = ½ × sy1 × sy2 × sin(ingeslote hoek). Hier sal ‘n wetenskaplike sakrekenaar natuurlik handig te pas kom.
Heron se formule laat egter enige hoekgrootte buite rekening en kom dus baie handig te pas waar akkurate meetinstrumente vir hoekgroootte nie beskikbaar is nie. Heron se formule stel dit dat in enige driehoek met sylengtes a, b, en c is:
Oppervlakte van Δ = √s(s – a)(s – b)(s – c) met s = (a + b + c)÷2 (s word ook die semi-omtrek genoem)
Heron het ongeveer 100 voor Christus in die stad Alexandria geleef. Hy was ‘n wetenskaplike en het bekend gestaan as mechanikos, oftewel die masjienman, en het vele water- en stoomaangedrewe masjiene ontwerp.

Probeer nou gerus om die oppervlakte van die toegeeteken met behulp van die drie formules hierbo te bereken. Die toegeeteken is ‘n gelyksydige driehoek en ons aanvaar dat die lengte van elke sy 30cm is.
Onlangse Kommentaar